Sign up for Property Alerts and get notified via email when properties become available.
MARCHAND Commercial
for sale / to buy
SUPERMARK SLAGHUIS DRANKWINKEL MARCHAND, Northern Cape, South Africa (SOLE MANDATE)
Price:
R1,400,000
Klein Rooiberg Besighede is geleë in 'n rustige plattelandse omgewing op die oewer van die Oranje Rivier in die dorpie Marchand. Bestaan uit 'n Supermark met Slaghuis en Video afdelings 420 vierkante meter en 'n Drankwinkel 220 vierkante meter met buite geboue waarin daar klein funksies aangebied word vir die plaaslike gemeenskap. Dienste soos "n CPS Pensioenpunt en binnekort ook 'n mini-Atm. Verder beskik besigheid oor 'n gelisensieerde Brandstof verkoop punt.
Die besigheid word ondersteun deur die aangrensende woonbuurt en Rosyntjie verwerkings aanleg sowel as die breër boerdery gemeenskap en arbeiders. Die boerdery gemeenskap bestaan uit grotendeels Tafel Druiwe wat jaarliks duisende seisoenwerkers na die omgewing toe bring.
Die Perseel is 1.1 hektaar groot en teen die hoofpad na die Augrabies Waterval geleë. Die grootte van die perseel skep geleentheid vir verdere ontwikkeling.